Palmlesery

Sommige van die hand se lyne in palmlesery:
  1. Lewenslyn
  2. Hooflyn
  3. Hartlyn
  4. Venusgordel
  5. Sonlyn
  6. Mercuriuslyn
  7. Noodlotlyn

Palmlesery, handkykery of chiromansie is die skynwetenskaplike praktyk van waarsêery deur die bestudering van 'n mens se handpalm. Die praktyk kom oral ter wêreld voor, met talle kultuurverskille. Mense wat palmlesery beoefen, word gewoonlik 'n palmleser, handkyker of chiromant genoem.

Daar is baie – en dikwels botsende – vertolkings van die verskeie lyne en ander eienskappe van die hand in verskillende skole van palmlesery. Palmlesery word algemeen as 'n skynwetenskap beskou weens die teenstellings in verskillende vertolkings en die gebrek aan bewyse vir die palmleser se voorspellings.[1][2]

Die Fortuinverteller, deur Caravaggio (1594-'95; Louvre), beeld 'n palmlesery uit.
Die Fortuinverteller, deur Enrique Simonet (1899), is van 'n palmlesery.
  1. Park, Michael Alan (1986). "Palmistry or HandJive?". In Frazier, Kendrick (red.). Science Confronts the Paranormal. Prometheus. pp. 198–201. ISBN 978-1-61592-619-0.
  2. Chamorro-Premuzic, Tomas; Furnham, Adrian (2010). The Psychology of Personnel Selection. Cambridge University Press. p. 19. ISBN 978-0-521-86829-7.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search